top of page

BLOG

Search

Bethlehem se besighede kuier gereeld saam

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Ek is onlangs as gas genooi na Bethlehem Business Network se weeklikse besigheidsontbyt- en netwerk/kuiergeleentheid.

Sommer al net ná sewe-uur die oggend drink ons koffie by die Hank Gastehuis se Coffee Shop en gesels lekker.

Van styf en formeel is hier nie sprake nie. Hoewel die byeenkoms in ‘n konferensie-lokaal is, en daar ‘n vasgestelde program is, is die atmosfeer so gemoedelik en vol humor soos ‘n gesellige familiekuier.

Daar is tans sowat 18 besighede betrokke. Elke besigheid kry ‘n geleentheid om hom/haarself en wat hulle doen in ‘n paar sinne te verduidelik, of om ‘n spesifieke produk bekend te stel. ‘n Grappie daarmee saam is verpligtend! Gaste kry ook ‘n spreekbeurt. En aan die einde van die program word ‘n “Oscar” aan die lid met die beste kort aanbieding oorhandig. Een besigheid kry elke week op ‘n rotasiebasis die geleentheid om ‘n langer voorlegging met Powerpoint of enige ander hulpmiddels aan te bied. Ook is daar geleentheid om skriftelik verwysing na mekaar se besighede te doen en komplimente uit te deel! Ná al hierdie aktiwiteite is dit tyd vir ‘n heerlike ontbyt vir lede en gaste.

Die voorsitter tans is Justice Scott van ChangeNetSA, vir wie “Omgee-hart Familie” ‘n passie is. Die ondervoorsitter is Christene Nortje van Herbalife.

Indien jy meer inligting verlang oor lidmaadskap en fooie, kontak gerus vir Christene by

Deur: Retha Pretorius




10 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page