top of page

BLOG

Search

Bethlehem Tutor- en Wiskundesentrum

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Dr. Anita (Schoeman) Scott, met ‘n doktorsgraad in Wiskundige Statistiek, is in beheer van die bekende Bethlehem Wiskundesentrum. Sy is sedert 2002 in ons dorp en bedryf reeds 30 jaar lank ‘n wiskundesentrum.

Die rede vir die sukses van die sentrum is, onder andere, omdat sy vooruit werk met die kinders. Sodoende kan hulle dan hersiening doen in die klas by hul skole. Hulle kan ook vir hul maats verduidelik – indien hulle nie kan nie, verstaan hulle nog nie genoeg nie. Dis lekker vir die kinders om te weet wat aangaan in die klas. As hulle vrae kry, kan hulle dit beantwoord.

Wiskunde is ‘n sielkundige vak: as ‘n kind emosioneel nie lekker voel nie, of persoonlike probleme het, wys sy/haar punte dit.

Anita sê altyd vir die kinders dat hulle asseblief al hul foute moet maak, dit is al hoe hulle leer.

Wat die tutorsentrum betref, wat sowat drie jaar gelede bygevoeg is: Daar is uitstekende tutors, die kinders ontvang individuele aandag, daar is ‘n rustige omgewing, dis gemaklik en informeel en daarom hou die kinders daarvan. Die leerproses gebeur in ‘n huislike omgewing; die tutors is rustig, kalm en geduldig.

Die wiskunde- en tutorsentrums is apart en daar is ook nou ‘n tweede perseel. Die laerskoolgroep het geskuif, die ouer kinders is daarom rustiger want die kleintjies kan baie besig wees!

Hoekom sal ouers hul kinders soontoe stuur? Die CAPS-sillabus word hanteer, die gebruikersvriendelike Impaq-stelsel word gebruik, die kinders kan teen hul eie tempo werk, kinders leer hier onafhanklikheid en werksetiek.

Omdat hulle op klein skaal werk, kan probleme dadelik raakgesien word. Die tutors kom dadelik agter as daar ‘n holistiese probleem in ‘n kind se mondering is. Indien ‘n kind byvoorbeeld hulp nodig het met streshanteringsmeganismes, is daar ‘n span van terapeute agter hulle, onder andere arbeidsterapeute, sielkundiges en beraders.

Met die Impaq-stelsel is daar geen botsings van vakke nie, die kinders kan enige vak neem. Sekere vakke moet goedgekeurde assessors hê en vir sekere vakke is daar ook mense wat die prakties hanteer. Enige vak kan aangebied word, selfs Visuele Kunste.

Almal by die tutorsentrum is outomaties ingeskryf by die wiskunde-sentrum.

Om Anita te kontak, gebruik gerus hierdie selnommer, indien sy besig is met klasse, stuur asb. ‘n Whatsapp na 082 411 4684.





8 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page