top of page

BLOG

Search

Bulletin Mei 2021

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Goeiedag Omgee-hart Familie

Ons hoop dit gaan nog voorspoedig en geseënd met julle. Die winter is nou hier, soos ons winter in die Oos-Vrystaat ken. Maar ons harte is warm en dit gaan goed met ChangeNetSA. Ons groei en beleef baie seën, wat net kan gebeur as die Here se hand oor ons werk is.


Justice, wat op alle fronte moet voorloop, se kragte raak soms min, maar dan word hy weer van vooraf versterk op ‘n bonatuurlike manier. Hy en Anita kon darem oor die Paastyd ‘n kort ruskansie in die Suid-Kaap by familie geniet. Hulle kon ook met Prof Erwin Schwella ontmoet en raakpunte bespreek vir toekomstige samewerking in Mosselbaai.


Uit ons vorige Bulletin, net ‘n vinnige oorsig:

· Meals on Wheels en die Poverty Police doen steeds wat hulle nog altyd doen, ondersteun die gemeenskap op alle vlakke en help holisties.

· Die Poverty Crusaders klerewinkels groei voordurend en word goed ondersteun. Die Warehouse, waar die winkel geleë is, kry steeds baie en groot skenkings. Verskeie agentskappe in omliggende dorpe kry voorraad by ons.

Die klerewinkel het ook ‘n aanlynwinkel, kyk op Instagram vir: “Poverty Crusaders Thrift.”

Ander aanlynwinkels kom steeds voorraad aankoop by Poverty Crusaders.

Daar is nou ook ‘n TWEEDE klerewinkel in Bethlehem, ons Boutique.

*Net weer om almal te herinner – inkomstes uit ChangeNetSA se projekte en winkels word tot voordeel van die gemeenskap en ons geaffilieerde welsynsorganisasies aangewend.

· In Hobhouse, anderkant Ladybrand, is ook twee winkels. Yvonne en Johan Askevold vestig daar ‘n hele ChangeNetSA-tak met winkels, ‘n tutorsentrum en ‘n terapiesentrum.

· By die Bethlehem Tutorsentrum gebeur soveel mooi dinge, waar jong dames, onder andere, hul roeping vind deur met die kinders te werk en ook uitblink in die administrasie van die sentrum.

· Die Interim Assessment Association (IAA) vorder goed. Meer detail hieroor sal later volg.


Nuwe Nuus:

· Die Winterprojek gaan weer vanjaar plaasvind, met R 200 koopbewyse wat beskikbaar sal wees om mense mee te help. Ook ‘n sopkombuis word beplan.

· ‘n Kosblikkie-projek word beplan, waar van Pathways se kinders ondersteun kan word.

· ChangeNetSA is nog deurlopend in noue samewerking met die staatdepartement “Social Development.”

· Meals on Wheels het weer ‘n ses-maande kontrak met Woolworths beding, waar sekere voorraad geskenk word om mense in nood te voed.

· Meals on Wheels gaan binnekort uitbrei na buurdorpe soos Fouriesburg.

· ChangeNetSA vat hande met Wellbeing Synergies, sodat mense al meer holisties gehelp kan word.

· In Pretoria is daar belangstelling om ‘n ChangeNetSA-tak ook daar te vestig.

· Dihlabeng FM is aan boord om inhoud oor ChangeNetSA uit te saai.

· Anita is gekies op die bestuur van die Gemeenskapsforum, met die portefeulje Jeug. Baie geluk Anita, ons weet jy sal ChangnetSA se naam hoog hou.

· Estivan Barnard, Bethlehem se voorste sosiale media expert, gebruik sy uitgebreide kundigheid om ChangeNetSA aan die gemeenskap bekend te stel. Kyk en volg gerus sy Get to Know Channel op Facebook.

· Besighede sluit al meer aan by ons program, waar hulle R 200 per maand bydra om armoede aan te spreek en mense se lewens te verander. Ons gee dan weer vir die besigheid blootstelling op ons advertensie-platforms en ons website se Blog.

* Daar is steeds geleenthede vir persone wat bedrewe is met sosiale media, om, deur op ChangNetSA se programme met hierdie media te werk, vir hulself ‘n kommissie-inkomste te verdien. Hierdie werk kan ook deeltyds gedoen word.

· Van ons medewerkers, soos Anri by die Tutorsentrum, se lewens kry aandag in ons plaaslike koerant, Ystervark. Hul stories is so spesiaal, gaan kyk ook gerus op ons website se Blog.


As jy meer wil weet oor hoe ChangeNetSA werk en hoe ons mense se lewens verander, gaan kyk gerus na ons website by www.changenetsa.co.za, veral die Blog, sowel as na ons Facebookprofiel.


ChangeNetSA groei teen ‘n spoed – die gemeenskap sien al meer in dat ons ‘n hart vir mense het en dat samewerking ons saambind. Soos ons God se leiding soek, word dit duidelik dat Hy vir ons die pad oopmaak na meer en meer sukses om die samelewing se probleme aan te vat en te help verlig. Dankie aan elkeen van julle wat help om die droom waar te maak!

Omgee-hart groete.



8 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page