top of page

BLOG

Search

CHANGENETSA BULLETIN Junie 2020

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Goeiedag aan ons Omgee-hart Familie!

Ons hoop dit gaan nog goed met almal – ons hoop julle staan nog sterk in gees, siel en liggaam, terwyl die moeilike tye voortduur.

ChangeNetSA se aksies in die gemeenskap kon intussen weer begin; ons glo dat ons binnekort weer op vol sterkte sal kan funksioneer. Daar het reeds ‘n klompie baie mooi dinge gebeur vandat ons kon oorgaan na vlak 3 van die inperkings.


Wat die afgelope paar weke by ChangeNetSA gebeur het:

  • Daar is weer deur middel van Meals on Wheels kos verskaf aan tientalle individue en gesinne. Soos altyd word die begunstigdes baie goed deur ons Poverty Police-afdeling gemonitor, sodat mense op die regte manier gehelp word.

  • Ons Winterprojek met R 200 koopbewyse is nog steeds besig om goeie vrug te dra. Baie dankie vir oop hande en harte! Net weer ter inligting: Dié van ons wat kan gee, kan so ‘n koopbewys se bedrag inbetaal. Klere en elektrisiteit word dan verskaf aan mense in nood, deur die inkomste uit hierdie koopbewyse.

Kyk gerus op ChangeNetSA se Facebook-bladsy om deel te neem. Ook ons geaffilieerde welsynsorganisasies sal baat vind by hierdie inkomste.

  • Die Poverty Crusaders klerewinkel kon weer oopmaak! Die woord versprei nou vinnig en die kliënte word meer. Pamflette in Sotho word wyd uitgedeel. Klere kom nog steeds in, en onthou, R10 per sak word betaal sodat iemand se lewe weer verander kan word (Pay Forward). Die verkope van die klere word aangewend om welsynsorganisasies te help, sowel as die ander programme van ChangeNetSA.

  • ‘n Baie mooi storie van samewerking en koördinering, wat ChangeNetSA se visie so pragtig illustreer: Ettiene van G300/Lighthouse het twee hawelose manne, wat hulle werk in ‘n ander dorp verloor het, na Justice gebring. Hulle is deur die Poverty Police gedokumenteer. Daarna het die manne in die karavaan/tent langs die ChangeNetSA kantoor oornag en sommer gehelp om die terrein bietjie skoon te maak. Die volgende dag is hulle, met die samewerking van Petro van Korrektiewe Dienste, na YWAM se gemeenskapsentrum in Bakenpark geneem, waar hulle nou woon en help met die voorbereiding van kos wat aan die gemeenskap verskaf word. CTK het ook komberse aan die persone gegee, en ChangeNetSA verskaf nou deurlopend kos-bydraes aan YWAM.

Kom, laat ons mekaar aanmoedig om saam te werk in ons gemeenskap!


Omgee-hart Familie groete,

Retha Pretorius


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page