top of page

BLOG

Search

ChangeNetSA Bulletin Maart 2021

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Goeiedag aan ons Omgee-hart Familie

Ons glo dit gaan nog goed met julle almal. So het ons byna weggespoel hierdie somer, maar ons harte is dankbaar vir die oorvloedige reën. Covid het ons weer ‘n groot skrik gegee en baie se vakansieplanne in die wiele gery, maar ons bly fokus op die goeie uit ons Vader se hand.

Soos ons verder vertel, sal julle sien wat ons bedoel met “die goeie uit ons Vader se hand…”

ChangeNetSA se groei, te midde van soveel uitdagings, laat ons heeltyd in verwondering en ons besef hierdie is nie die werk van mense nie.

Waar begin ons?


· Meals on Wheels en die Poverty Police doen steeds wat hulle nog altyd doen, ondersteun die gemeenskap op alle vlakke en help holisties.


· Die Poverty Crusaders klerewinkel gaan van krag tot krag. Die “Warehouse”, waar die winkel geleë is, kry steeds baie skenkings van klere, linne, huisware en meubels. Verskeie agentskappe in omliggende dorpe kry voorraad by ons. Caron is nou ons voltydse bestuurder daar, en wat ‘n seëning is sy vir ChangeNetSA! Sy word deur Suretha en Maki bygestaan.


Die klerewinkel het ook ‘n aanlynwinkel, kyk op Instagram vir: “Poverty Crusaders Thrift.”

Ander aanlynwinkels kom steeds voorraad aankoop by Poverty Crusaders.


Daar is nou ook ‘n TWEEDE klerewinkel in Bethlehem, wat in proses is om ontwikkel te word en sal as die Boutique bekend sal staan. Hierdie winkel is in Malanstraat, in die klein sentrum langs die SEDA gebou. Ons heel mooiste klere sal binnekort hier te koop wees! Maar daar is ook ‘n afdeling vir R 20 items. Linda, nuut aangestel as bestuurder, word deur Blessing bygestaan.


· Die Here het ons gelei na die dorpie Hobhouse, anderkant Ladybrand, om ook daar twee winkels te open, waarvan een ‘n Boutique is, soos hier in Bethlehem.

Yvonne en Johan Askevold vestig daar ‘n hele ChangeNetSA tak, met winkels, ‘n tutorsentrum en ‘n terapiesentrum vir ons Road to Recovery-program.


Die program behels ‘n leerskool vir lewensvaardighede, dan dissipelskap en daarná besigheidsopleiding. Uiteindelik word die persone gehelp om ‘n besigheid op die been te bring. Nog persone is gedokumenteer en het hul program hier in Bethlehem begin.


· By die Bethlehem Tutorsentrum gebeur soveel mooi dinge, waar jong dames, onder andere, hul roeping vind deur met die kinders te werk en ook uitblink in die administrasie van die sentrum.


· Coenie Horak, ons digter en tutorsentrumbestuurder, is nou aan die herstel ná komplikasies tydens ‘n operasie. Hy het dit deur ‘n wonderwerk oorleef. Ons glo hy sal volkome genees om weer sy onmisbare plek tussen die leerders in te neem. Ons gebede gaan op vir jou, Coenie!

· Die Interim Assessment Association (IAA) vorder goed. Adien Linström is besig om alles in plek te kry, met die hulp van onderwysers en terapeute wat hulself bereid verklaar het om deel te wees van hierdie visie. Meer detail hieroor sal later volg.


· Daar is steeds geleenthede vir persone wat bedrewe is met sosiale media, om, deur op ChangNetSA se programme met hierdie media te werk, vir hulself ‘n kommissie-inkomste te verdien. Hierdie werk kan ook deeltyds gedoen word.


· Net weer om almal te herinner – inkomstes uit ChangeNetSA se projekte word tot voordeel van die gemeenskap en ons geaffilieerde welsynsorganisasies aangewend. Besighede word aangemoedig om deel te word van ons aktiwiteite en kry dan sommer ‘n advertensie vir hul besigheid op ons sosiale media platforms.


· As jy meer wil weet oor hoe ChangeNetSA funksioneer en lewens aanraak, gaan kyk gerus na ons website by www.changenetsa.co.za sowel as na ons Facebookprofiel.


Soos ChangeNetSA groei, wys dit al meer op die feit dat, wanneer die gemeenskap saamwerk, en ons God se leiding soek, daar fantastiese dinge gebeur. So word lewens permanent verander, maar dit vereis geloof, toewyding, finansies, tyd en tonne liefde!


Omgee-hart Familie groete,

RETHA PRETORIUS





2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page