top of page

BLOG

Search

ChangeNetSA-stigters verras deur die gemeenskap

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Die datum 9 Maart 2019 is een om te onthou, dit was die dag waarop ChangeNetSA se eerste openbare aanbieding gehou is, om die gemeenskap in te lig oor wat beplan word.


Dit was ‘n hoogs suksesvolle geleentheid, met byna te veel mense vir die klein saaltjie by NG Kerk Bethlehem-Oos. Dit was ook Justice Scott se verjaardag. Hy en sy vrou, Anita, het met behulp van Powerpoint aan die gemeenskap verduidelik wat gedoen kan word indien alle sektore hande vat.

Terug by die hede: Op Saterdag 4 Maart 2023 was die ChangeNetSA dagbestuur, besigheidsmense en die gemeenskap weer bymekaar in dieselfde saal, hierdie keer om ‘n stigtersviering te hou. Hierdie was die blink gedagte van Leon Badenhorst, adminhoof van ChangeNetSA. En die stigters het van niks geweet nie…


Justice en Anita is deur ‘n verteenwoordiger van elke sektor van die gemeenskap in Bethlehem bedank vir en gelukgewens met wat oor die afgelope vier, byna vyf jaar in ons dorp en wyer vermag is. Vir Justice se verjaardag het hy ‘n pak “Simba”-skyfies ontvang van elke spreker, sodat hy voor die TV kan ontspan – eintlik net ‘n byna onbereikbare droom in sy besige lewe!


Pastoor Johan Smith van Bethlehem Christensentrum het geopen met ‘n wonderlike huldeblyk aan die egpaar as die draers van hoop. Leon het die vloei van die aand beheer, sprekers aan die woord gestel en self namens die dorp se skole die stigters bedank. Ander sprekers was: San-Marie van der Werff, Annette von Caues, Retha Pretorius en ds. Joe Muller. Saam met Danie Eichstadd se spreekbeurt het hy, namens die Rapportryers, ‘n sertifikaat aan Justice oorhandig vir uitstaande gemeenskapswerk.


Justice en Anita het beide roerende bedankings gedoen, met vol gemoedere en erkenning aan ons Vader vir Sy goedheid en guns.


Hierdie sal in die toekoms ‘n jaarlikse instelling word, sodat niemand sal vergeet wat ChangeNetSA se pad tot hier was nie, en vanwaar ons Hulp kom nie.


Foto, l-r: Agter: Gert van der Werff, San-Marie van der Werff, Leon Badenhorst, Tania Badenhorst, Tanya Kuret-Coetzer, Rita Wastie, Verne le Roux en Vivian le Roux. Voor: Anita en Justice Scott met die Rapportryers-sertifikaat.




125 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page