top of page

BLOG

Search

Dankie-sê gholfdag bring gemeenskap saam

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

ChangeNetSA het op Vrydag 18 Maart 'n gholfdag by Bethlehem-buiteklub aangebied om instansies, sakelui en individue te bedank vir hul hulp en ondersteuning om van dié organisasie 'n sukses te maak.

Daar was 66 spelers wat aan die gratis beter bal stableford deelgeneem het en daar was deurentyd mense wat kom inloer het of sommer die hele dag saam deurgebring het.

NPO’s, kerke, skole en besighede was verteenwoordig. Die peuselhappies, koeldranke, koffie, pannekoek en spitburgers is deur almal geniet. Alle eetgoed was gratis beskikbaar as deel van die dankie-sê van ChangeNetSA se kant af.

Johan Broodryk Eiendomme het reeds in 2020, toe die gedagte vir die gholfdag ontstaan het, na vore gekom om die koste vir die gebruik van die gholfbaan se uitstekende fasiliteite te borg. Covid-19 het die geleentheid vir eers op ys geplaas, en kon daarom nou eers plaasvind. ChangeNetSA is opreg dankbaar vir hierdie groot bydrae.

Justice Scott, stigter van ChangeNetSA, het tydens die prysuitdeling almal bedank en vertel hoe hulle klein begin het met 'n droom om 'n verskil te maak tot waar die organisasie vandag is. “Dit kon alleenlik verkry word met die samewerking van sakelui en die gemeenskap. Die koopbewys-stelsel is besig om uit te brei. ‘n Mens hoef nou nie meer vir mense wat op straat vir donasies te vra, geld te gee nie. Gee vir hulle van ChangeNet SA se koopbewyse, wat hulle kan inruil vir dit wat hulle benodig.”

Francois Jonker en Edward van Vollenhoven was die wenners van die gholfdag. Hulle het 'n wegbreek-naweek gewen. Chris Karsten en Connie Claasen was tweede op 'n uittelbasis gevolg deur At Schoombie en Edward van Vollenhoven ook in die tweede plek.

Drie jong manne, Clayton Gouws, Albert van Eeden en Reinhardt van Niekerk was derde.

Cois Barnard en Michael Wheatley het met ‘n trekking elk 'n gelukspak ontvang.

‘n Volgende soortgelyke geleentheid word in Clarens beplan, hou die media gerus dop vir inligting!




6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page