top of page

BLOG

Search

Die droom word waar...

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

‘n Tyd gelede het Ystervark berig oor Airtec Aviation Maintenance se ruim skenking vir ChangeNetSA se droom van ‘n “nuwe begin”-akkommodasieprojek.

Die eerste fase van daardie droom is nou bewaarheid – ‘n perseel in Morelig se aankoop is goedgekeur. Die perseel was vroeër jare die Kommandokantore, later ‘n koshuis vir die ouer New Horizon College.

Nou word daar gewerk om die akkommodasie ‘n werklikheid te maak, sodat die We Care-program in volle werking kan kom. Airtec het reeds beddens en beddegoed geskenk, daar is reeds kaste en gordyne in die kamers, nou kort daar nog verf in die kamers en ander herstelwerk in die leefareas. Vrugteboorde en groentetuine word ook beplan.

Hierdie perseel sal in die toekoms ook die hoofkantoor van ChangeNetSA wees.

Die gemeenskap sal binnekort die geleentheid kry om te sien wat alles hier gedoen is, en hoor hoe mense in nood werklik gehelp kan word om hul lewens te verander en te herbou. Hou die sosiale- en ander media dop vir besonderhede.

Om betrokke te raak of navrae te rig, kontak gerus vir Justice Scott by 061 534 2311.


14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page