Geen ontmoetings in die lewe is enigsins toeval nie (en toe val die LIG). Alles werk volgengs God se plan, mits jy alles aan Hom oorlaat... dit beteken letterlik ALLES.
Ons ontmoet vir Bertie van WMF finansiële dienste in Bethlehem in November 2018 en wat 'n Godsbestiering.
Terwyl ons lekker gesels oor ons eie lewe en wat ons graag wil bereik, verwys hy ons na Zandri van West Way Designs in Bethlehem, wat uiteindelik ons hele web ontwerp het en wow, wat 'n indrukwekkende eindresultaat. (Kyk, dit kos baie insig en geduld om te verstaan en uit te beeld wat alles in CNSA se brein en hart aangaan!).
Bertie en Zandri vorm toe ook deel van CNSA se 'road to recovery train'.
# Advertising
# Entrepreneurship
Deur Bertie ontmoet ons die hele personeel van WMF en vorm 'n hegte band van omgee harte.
# Besigheid met 'n omgee hart
Hulle neem deel aan ons sak projek onder leiding van Hettie en voor dié proses help ons reeds vir Tannie Lena deur haar R1 te gee vir elke sak wat sy vou.
So ontvang WMF ook geld (R10 per sak) vir die sakke klere wat hulle ingesamel het en moes dit
# pay it forward.
Wat eers ongewoon vir hulle was, het getransformeer in iets heel onverwags en 'beautiful'.
Hulle nader Checkers vir 'n pay it forward via 'n skenking van 'n ou trollie, gee dit karakter via Zandri en in die proses skep hulle 'Elias se karwas'.
Wat 'n belewenis en hartroerende oomblik was dit nie toe ons saám die waentjie oorhandig het aan Elias nie!
# Elias se karwas.
Onder 'n veilige sambreel kan Elias meer karre was en só vir homself én vir sy familie 'n beter toekoms skep.
# Dignity
CNSA en WMF stap nou 'n pad saam en binnekort daag WMF ander besighede uit om ook deel te neem en dit te 'pay it foward' om ook só 'n verskil in iemand anders se lewe te maak.
CNSA daag jou of jou besigheid uit om ook hande met ons te vat om saam die
# bakhand gewoonte,
wat mense net van hul menswaardigheid stroop, teen te werk.
Volg gerus ons storie van hoe ons met daardie sak klere wat ingesamel word, 'n hele ketting reaksie aan die gang sit en in dié proses 'n impak maak in baie se lewens.
" A new and better way of giving
Wanneer ons saam staan, kan elkeen deur hierdie inisiatief doen wat God ons voor geroep het.
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_b0f86f2b71d24561acd86ce49fae7f97~mv2_d_1280_1280_s_2.jpg/v1/fill/w_980,h_980,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_b0f86f2b71d24561acd86ce49fae7f97~mv2_d_1280_1280_s_2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_149d0f4545ff4613a9c45e05e8963711~mv2.jpg/v1/fill/w_912,h_1280,al_c,q_85,enc_auto/d9721d_149d0f4545ff4613a9c45e05e8963711~mv2.jpg)
Comments