top of page

BLOG

Search

HOPC – waar jou arbeidsake tel

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Ons het met Cheryl Downing gesels oor haar en haar man, Henry, se bekende besigheid in Bethlehem.

Hoe lank bestaan HOPC (House of Professional Consultants) reeds?

HOPC bestaan reeds 12 jaar, maar Henry se totale arbeidswetgewing-ondervinding strek oor 30 jaar. Ek, Cheryl, werk reeds 25 jaar in die veld van opleiding.

Waar kom die liefde vir arbeidsake vandaan?

Die liefde daarvoor bestaan daarin om ander besigheidseienaars by te staan, om ander te help, hulle op die regte pad te hou en binne die wet te hou. Ons vorm ‘n persoonlike band met die werkgewer en ons maak seker alles is in plek en bly in plek, sodat boetes en erger ingrype vermy kan word.

Julle dien op verskeie rade in Bethlehem, alles is nie net werk nie?

Ons is baie betrokke by ons kerk, ek was koördineerder vir die Sondagskool se Oos-Vrystaat- en KwaZulu-Natalstreke. Henry is by verskeie organisasies betrokke, hy was byvoorbeeld tot onlangs direkteur by MalutiFM. Ons is mense met omgeeharte! Al lyk ons soms bietjie kwaai, ons gee om vir ons medemens, ons help graag.

Julle kinders en kleinkinders?

Ons het twee kinders, ‘n pragtige dogter, sy is in beheer van ons Kaapstad-kantoor. Sy het drie seuns. Ons het ook ‘n seun wat in Mauritius by ‘n regsfirma werksaam is, hy en sy vroutjie het twee seuns. Vyf kleinseuns! Net nog nie ‘n dogtertjie nie, maar wie weet....

Hoeveel takke het julle besigheid?

Ons het die tak in Bethlehem; die Kaapstad-tak bestaan ook al twaalf jaar. Port Elizabeth bestaan bietjie korter; ons is nou besig om besluite te neem oor daardie tak.

Enigiets wat jy vir die besigheidswêreld wil sê?

Dis vandag nie maklik om ‘n besigheid aan die gang te hou nie, dis nie maklik om die skip aan die seil te hou nie. Dis moeilik daarbuite, daar is baie wette en al die regulasies, ens. waaraan voldoen moet word. Maar hou moed, staan sterk, HOPC arbeidswetkonsultante en -opleiding is daar om julle hande sterk te maak. Ons loop ‘n pad saam met julle en ons bou ‘n persoonlike verhouding met julle.





11 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page