Die Bethlehem Tutorsentrum in Panorama se Graad 4 tot 7-leerders het onlangs ‘n entrepreneursmark gehou. Hul ouers en ander belangstellendes het hulle ondersteun in hierdie inisiatief om ‘n weg te vind om die DBV se hondekosvoorraad aan te vul.
Op Vrydag 30 September is die skoolkwartaal afgesluit met ‘n heerlike en prettige geleentheid by die New Beginnings perseel in Môrelig. Eerstens is die pryse vir elke stalletjie van die markdag uitgedeel, sowel as die wisseltrofee. Die kinders het hul dansvermoëns gewys met beweeglike moderne danse. Daarná is die hondekos, in samewerking met Dericks Spar, aan die DBV oorhandig.
Dié lekker dag was nog nie voltooi nie. Ná die oorhandiging het die kinders ‘n vinnige besoek aan Maluti FM op dieselfde perseel gebring. Volgende op die agenda was ‘n heerlike boeresport en daarna het die leerders en tutors ook ‘n braai geniet. Pret was die wagwoord, terwyl omgee vir die (diere)gemeenskap terselfdertyd by die kinders tuisgebring is.
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_93a807d868bc4c07bc73b6b348069ef1~mv2.jpeg/v1/fill/w_980,h_735,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_93a807d868bc4c07bc73b6b348069ef1~mv2.jpeg)
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_690848c911334cc7b82171bf0537662e~mv2.jpeg/v1/fill/w_980,h_735,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_690848c911334cc7b82171bf0537662e~mv2.jpeg)
Commentaires