top of page

BLOG

Search

Meals on Wheels, 'n reddingsboei in nood

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Wie ken nie die bekende Meals on Wheels-voertuig wat nog altyd “maaltye op wiele” voorsien het, oral in SA en selfs internasionaal nie?


Vennootskappe verhoog effektiwiteit - hierdie beginsel word al hoe meer 'n werklikheid in Suid-Afrika, soos die voedselnood daagliks toeneem, veral ná die Covid 19-tydperk.


Hier in Bethlehem word Meals on Wheels, as ‘n verligtingsbeen, hoogs effektief deur die ChangeNetSA Groep gekoördineer en bestuur. Dit geskied deur middel van hul armoede-polisie (Poverty Police). Meals on Wheels word vanaf die Pakhuis (h/v Union en Naudéstrate) sowel as vanaf New Beginnings (Faurestraat 5) in Môrelig bestuur.


Meals on Wheels het met verskeie skole, kleuterskole, kerke, besighede, individue, organisasies, instansies en boere hande gevat om dit moontlik te maak om Bethlehem se gemeenskap te bedien. Ook word hulp verleen in Senekal, Paul Roux, Kestell, Clarens, Qwa-Qwa en Harrismith.


Skakel gerus vir Justice Scott by 061 534 2311 om meer te wete te kom van hoe jy betrokke kan raak in mense se lewens. Op hierdie manier kan ons nog meer mense en dorpe voorsien van hulp.

 



2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page