top of page

BLOG

Search

OBC ‘n baken van hoop in Bethlehem

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Johan en Rénette Loots het die OBC-tak in Bethlehem, as deel van die OBC groep en een van hul 85 franchises, geopen op 29 Augustus 2019, en tot ‘n fenomenale sukses ontwikkel in ‘n kort tydperk. OBC se naam kom van die destydse “Oberholzer Café,” wat afgekort is na OBC.

Hulle het werk geskep vir 30 persone, dit is nie die kontrakteurs ingesluit wat met die opgradering van die gebou gehelp het nie. Hulle het hul personeel van nuuts af gewerf en na hul hand opgelei, wat baie makliker is as om personeel oor te neem van ‘n vorige eienaar.

Johan en Rénette glo dat die Here OBC Bethlehem en sy personeel gebruik om die gemeenskap te seën en te dien, en ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Hulle bedien die laer- tot middel-inkomstegroep en hul beleid is om kwaliteitprodukte aan die gemeenskap te voorsien, teen bekostigbare pryse. Hulle is trots om die OBC “brand” aan te hou, soos sekere kruideniersware en gevriesde vleise. Hulle voorsien ook vars vleis en maak hul eie wors in die winkel.

Daar is ‘n hoë standaard wat betref gesondheid en veiligheid: Protokolle en prosedures is deur die Hoofkantoor opgestel, waarvolgens die franchises een keer per maand ge-oudit word. Die winkel word elke maand gesaniteer; tydens die inperkings is dit elke tweede week gedoen. Alle Covid-19 maatreëls is gevolg. Plaagbeheer word ook toegepas.

Op maandeindes is daar spesiale aanbiedinge, wat groot kompetisie is vir omliggende winkels in die dorp. OBC is reg langs die Poskantoor, SASSA-kliënte kan dus sommer by hulle ‘n draai maak. Daar is ook ‘n SASSA-ATM in die winkel. Die vriendelike en lojale span werkers staan altyd gereed om te help.

OBC het ook ‘n “stokvel”-sisteem waar kliënte geld kan deponeer om te spaar om later, byvoorbeeld oor die Kerstyd, groter aankope te kom doen. Slegs ‘n eenmalige R50 word gevra vir die opening van die kaartrekening.

ChangeNetSA ondersteun ook hierdie kaartsisteem, waar hulle vir elkeen van hul geaffilieerde organisasies en individue geld deponeer, sodat die persone by OBC kan koop, in plaas daarvan om kospakkies te ontvang. So word mense se menswaardigheid ook herstel en herbou. ChangeNetSA se logo verskyn op hul lede se kaarte – die kaarte word by die winkel gehou sodat die deposito’s gedoen kan word en die kliënt vra dan sy kaart wanneer hy kom aankope doen.

Rénette en Johan sien hoe hul besigheid elke dag groei en vorentoe beweeg. Hulle wil steeds die gemeenskap dien en is die Here innig dankbaar vir Sy seën tot op hede. Bethlehem is trots om so ‘n besigheid in ons midde te hê!





27 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page