top of page

BLOG

Search

Ons digter Coenie se talent kry vlerke

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Daar doen ‘n stukkie op sosiale media die rondte, wat in detail beskryf hoe die menslike brein nie verouder nie, maar verbeter. Dit blyk waar te wees in die geval van Coenie Horak van Bethlehem.

Coenie is ‘n digter van formaat en sy pad met sy kunsvorm is uniek en inspirerend.

Voorheen ‘n gerekende sakeman van Welkom, het hy homself, as gevolg van verskeie omstandighede, as ‘n naby-sestigjarige in Bethlehem kom vestig. Hier het hy in 2018 sy digtalent begin ontwikkel. Hy het ook as tutor by Bethlehem Tutorsentrum begin werk, en in beide aspekte van krag tot krag gegaan.


Gedurende 2019 het Coenie sy tegniese vaardighede by ‘n digskool geslyp en reeds in daardie jaar ‘n eerste prys in ‘n digkompetisie losgeskryf. In 2020 het hy weer ‘n kompetisie gewen, en hierdie keer sommer R30 000 in prysgeld ontvang! In 2021 was hy weer in die Top 10 van die kompetisie.


Dis veral sy tegniese vaardigheid met die digkuns, gekoppel aan sy diep emosionele insig in die menslike psige, wat hom onderskei in sy kunsvorm.


In 2022 neem Coenie deel aan die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans se digkompetisie met dertien afdelings, waarvan hy vir vier ingeskryf het.

Coenie is vanjaar as wenner van die afdeling Geestelike digkuns in hierdie kompetisie aangewys, op Saterdag 28 Januarie in Pretoria. Sy gedig was: Iederelks Vader, ‘n eie beryming van die Onse Vader-gebed. Coenie ontvang ‘n trofee, sertifikaat en ‘n kontantbedrag. Hierdie gedig is in ‘n saamgestelde digbundel opgeneem: Stemme uit die Suiderland XVII. Ook in ‘n ander bundel, My Gebed vir ‘n Boer, is van sy gedigte opgeneem.


Op Vrydag 24 Februarie is ‘n verrassingsete en boekondertekening met sowat 40 gaste vir Coenie by Inkwe Lodge gehou. ChangeNetSA het die geleentheid gereël, waar leerders van Coenie, asook persone van Sonskyn Dienssentrum en ontvangers van Meals on Wheels-voedselhulp getrakteer is met ‘n heerlike roerbraai-ete. By hierdie funksie het gaste die geleentheid gehad om boodskappe vir Coenie in die twee bundels gedigte te skryf.


Baie geluk Coenie, ons wens jou nog baie jare van pragtige, inspirende pennevrugte toe!

‘n Voorbeeld van Coenie se digkuns: Godsweet Die hele wet en profete hang half skeef in die dal van bevooregting, want ouderdom is skerper as die swaardskant van die magtige dood, genees geen salf... ons saamwees probeer ek helder onthou troos my met selfmaakwoorde en berou ©MCH (Snelsonnet digvorm)

Foto, l-r: Voor: Maki Lekhotla (werker by ChangeNetSA Warehouse), Anél Landman (tutor), Coenie Horak en Leon Badenhorst (adminhoof, ChangeNetSA). Agter: Justice en Anita Scott (stigters, ChangeNetSA) en Christo Humphries (Warehouse-bestuurder).



37 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page