Pierre Fourie en Risco Versekering kan gevind word in die Sun Square gebou, 38 Mullerstraat. Sy veld van kundigheid is korttermynversekering en Pierre maak dit interessant.
Pierre is al sy lewe lank in Bethlehem, hy het hier skoolgegaan en daarna eers in die veld van lewensversekering gewerk. In 2010 het hy oorgegaan na korttermynversekering, eers as Agri Advisors en vanaf 2012 as Risco Versekering, waarvan hy die alleeneienaar is.
Die verskil tussen die twee soorte versekering: Langtermynversekering behels lewensversekering, beleggings, anuïteite, testamente, ens. Korttermynversekering hanteer alles wat risiko dra: eiendomme, voertuie, besighede, ens.
Dis belangrik om ‘n makelaar te vind wat jy vertrou, anders sal verskillende agente jou lewe versuur. Maak seker jy weet wie hy/sy is, dat jy die persoon kan vertrou om jou probleme op te los. Jonger mense het gewoonlik nie uitgebreide kennis oor versekering nie en kan by Pierre kom aanklop vir raad.
Soms wil mense net ‘n voertuig verseker, maar wanneer byvoorbeeld huisinhoud bygevoeg word, is die premie gewoonlik minder vir ‘n groter pakket. Mense behoort egter nie net premies te jaag nie, maar die beste dekking te soek. Pierre sal mense verwys na ‘n versekeraar met ‘n goeie eisegeskiedenis.
Dit bly egter die kliënt se keuse - Pierre gee advies sodat hy/sy ‘n ingeligte keuse kan maak. Hy gee nie aan enige maatskappy voorkeur nie, hy is objektief oor hul dienste.
Pierre doen ‘n analise van ‘n kliënt se risiko, wat ook toevallige skade, alle risiko, ens. insluit. Jong mense besit dalk nie vaste eiendom nie, maar besit gewoonlik duur items soos TV’s, rekenaars en klankstelsels. Hierdie items moet teen vervangingswaarde verseker word.
‘n Motor se premie hang byvoorbeeld af van waar dit oornag geparkeer word, dit moet aan die versekeraar verklaar word. ‘n Toesluit-motorhuis se risiko is laer. Buite-kameras kan help om skade te bewys wanneer daar ‘n eis is. Die video-materiaal kan die versekeraar se vrae beantwoord.
Pierre en Risco Versekering is gereed om jou te adviseer oor ‘n pakket wat jou en jou begroting sal pas!
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_3da18d46303f4522ab5abfac151db05a~mv2.jpeg/v1/fill/w_980,h_653,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_3da18d46303f4522ab5abfac151db05a~mv2.jpeg)
Comments