27 February 2019
Verandering...
Afgestof, uitgewas en weggeskop,
misgebid, deurgeskuur op helleweg!
So hard geveg teen my bloedsbeleg!
Stukkend deur die pesprikkel gestop...
Vriend en familie, eerste verloor,
met my bates op dieselfde offerspoor...
Skuldeisers, harmonieus hul baritonskoor,
sing die kolleksielied, oor en oor...
Skaamtrek na die plakkerskamp,
laaste rolrande se noodsverdamp.
Laplasleef van een duisend rand...
Menswees so bloukol verstamp!
Here my God! Hoe kan ek verstaan,
Dat U liefde, hierdie rotspad baan?
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_b53cfd9c25a04b0d9e6e50743a68d89b~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_551,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_b53cfd9c25a04b0d9e6e50743a68d89b~mv2.jpg)
Comments