Oktober
Slaafs slaaf...
Bevry my nie van die soetslawerny,
red my nooit van sy dwingelandy...
Laat die snysweepslae op my
rourug bly klap,
wyl ek beurend met my hartsvrag stap...
Ek wil ewig gestroop slaafs bly dien,
my volvryheid nooit weer sien!
Die vreugde van die slaweloon,
laat my dieselfde, vryverloën...
Platvloersit om karigmaal,
koerskrag gekry vir hartsverdwaal...
Sluimerslaap om jou in my droom te kry,
bergoor die stilsteiltes self baklei!
Diensverkneg deur klanklooslied,
Selfveroffer, nederig aangebied...
©MCH
Die gedig het spesiale vermelding gekry in die Keur Vrouetydskrif se gedigte kompetisie oor die liefde.
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_e718faed83124889b29df1aa5e91bd48~mv2_d_4608_3072_s_4_2.jpg/v1/fill/w_980,h_653,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_e718faed83124889b29df1aa5e91bd48~mv2_d_4608_3072_s_4_2.jpg)
댓글