April
Maak dit saak?
Maak dit saak?
Dat Bloekomwortel ruspleksfondasie lig,
jou beendere ontstig?
Maak dit saak?
Dat niemand onthou,
van jou?
Maak dit saak?
Wie jy was,
hoe het jy ingepas?
Maak dit saak?
Hoe was jou voet se val,
wyl jy lê in doodskadudal?
Maak dit saak?
Watter satansvloek,
het jou lewe gesoek?
Maak dit saak?
Net negetien jaar oud,
in 46 reeds leweloos en koud?
Maak dit saak?
Dat grafsteenskrif leesloos verweer,
en niemand keer?
Maak dit saak?
Dat die lewe se seer,
jou nie meer beheer?
Maak dit alles tog saak?
Gejaagde lewenstaak?
Broodsbestaan geyl!?
Of, in Sy skadu verwyl?
Hy kom ons gestorte trane droog en keer,
Pyn en dood, nie meer...
Oppad, is ons liefste Heer...
(C) MCH
Vanoggend met my stap n stokou graf langs die pad ontdek. Sy was negentien met haar afsterwe en is reeds van 1946 af in die graf. n Nooi Grobbelaar...
![](https://static.wixstatic.com/media/d9721d_79fe269b4ed84c118ee6075137db0f46~mv2_d_3600_2400_s_4_2.jpg/v1/fill/w_980,h_653,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/d9721d_79fe269b4ed84c118ee6075137db0f46~mv2_d_3600_2400_s_4_2.jpg)
Comentarios