top of page

BLOG

Search

Poem by ©MCH

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Desember.


Dankie.

Doudruppel dankbaarheid se drup,

versag selfs die hart van klip,

pruil tot glimlag die fermste, geparste lip.

Vasgemeer, my varsvreug vragskip,

dekdanswals se ritmies wip.


Soveel sekerseer,

van my weggekeer,

deur my stukkies pyn te laat leefleer,

dieselfde fout, kunstig gekamofleer,

dankie vir die sien, dierbaar Heer!


My gedagte se vèrdraai gèselsgang,

ruggedraai op verwyt se slang,

met sy tande wat gifdrup hang,

die sonskynsuur nuut ontvang,

skyn nou sag op blos van wang.


In elk inkeer krisisuur so sag kon land,

niks wat my kan ruk uit Vadershand.

Terugblik laat Sy vuur in my ontbrand,

Sy meetsnoer meet my lieflik lewenskant.


Dankie vir hul wat my lewe volmaat inkleur,

ook vir hul wat my in sak en as verskeur,

elk laat net sy eie leef se geur,

hoe hul ookal beur,

my vrede kan niemand meer versteur.


Dankie vir alles wat ek by U voete kon leer,

veral my hart se klipomkeer,

elk nuut die kans na soutwondseer,

ja, ook vir ouderdom wat ek nie kan keer,

my lewe, gewillig oorgegee aan U beheer...

©MCH


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page