top of page

BLOG

Search

Poem by ©MCH

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

September:


Lente

hittesprik sneller die hiberneringewek

warmte volvoed heel wintersveld se strek


knotwilger se veelvuldige vingerwys na bo

takkies knopvol blaarbeloftes wat vas glo


vroeëperske huil taaitraan om my mond se hoek

heuningby op stuifmeelstop huisbesoek


veervolk oorywerig aan't bou

vleivink se riethangnes wat eiers koesterhou


kleurpalet van bloeiselblom

reënboogspat met leefbelofte wat naderkom


langgras se soepel winkend naderwuif

lentebries se stouttrek aan my kuif


neusproe aan boeket van veld se geur

fauna en flora in kompetisie van kleur


veld en vlei se skemersimfonie verklank

kibbelend waterstroom wat intoneer lied van leef se dank


belofte van volleefryk aan't kom

kaleidoskoop van kleurklank wat verstom

©MCH



11 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page