top of page

BLOG

Search

Rolbal vir ‘n goeie saak

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Op die vakansiedag van Maandag 25 September het 70 persone, in spanne van vier, hulself aangemeld vir ‘n heerlike dag van rolbal, lekker eet en lekker kuier.


Suzette Heyns van PG Glass, in samewerking met ChangeNetSA, het die dag georganiseer, wat vanaf 09:00 tot 14:00 plaasgevind het by die Bethlehem Rolbalklub, Loch Athlone.


Die geleentheid het ten doel gehad om fondse in te samel vir die outisme-afdeling van ChangeNetSA se New Beginnings, sowel as vir ‘n gasstoof vir die Engo Skemervreugde Sentrum vir Bejaardes in Paul Roux. Hierdie stoof is reeds op Donderdag 28 September aan Skemervreugde oorhandig, en is met trane van dankbaarheid ontvang deur Drice Rossouw, bestuurder van die sentrum, die personeel en die inwoners.


Hierdie kookgerief-skenking is ook ‘n bemagtigingsaksie, waar, behalwe vir die gebruik van die inwoners, ook op die langtermyn voorsien word deurdat maaltye in die gemeenskap verkoop word vir ‘n inkomste vir die sentrum.


Almal het die dag baie geniet, en dit was baie pret, ten spyte van die skielike koue. Daar was iets te ete en drinke by aankoms, sowel as ‘n middagete wat voorgesit is.


Die dag is afgesluit met ‘n prysuitdeling, gereël deur Suzette van PG Glass. Die wenners van die dag was Johan Heyns, Rosa Odendaal, Ashleigh Venter and Claudia Kok.


Deur Retha Pretorius


Foto 1: Verteenwoordigers van die instansies betrokke by die rolbaldag, l-r: Justice en Anita Scott (ChangeNetSA), Suzette Heyns (PG Glass) en Robert Schulz (vise-president Bethlehem Rolbalklub).

Foto 2: Drice Rossouw, bestuurder van Skemervreugde (regs), neem die nuwe gasstoof in ontvangs vanaf ChangeNetSA se Justice en Anita Scott.





18 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page