top of page

BLOG

Search

Ses maande later

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Dit is reeds ses maande sedert my bootjies die rustige waters van 'n stabiele werk en nuwe omgewing binnegevaar het. Die draakdoringjaar van 'n twaalf maande lange verblyf in 'n laekoste donasieplasie vir hoofsaaklik arm blankes, is slegs 'n kouerilling van 'n herhinnering.


Danksy ChangenetSA, 'n omgeehart familiebesigheid wat op Woordsbeginsels bedryf word, het ek 'n vernuwende, vars en vredevolle fase van my lewe betree. Die omgewingsverandering se impak was onmiddelik en oorweldigend.


Rustigheid het van my besit geneem en 'n waardering vir dinge wat voorheen ongesiens verbygaan het. Die werk as fasiliteerder by 'n tuisonderrigsentrum het my vir die eerste keer in my lewe talente aan myself laat ontdek waarvan ek totaal onbewus was. Die bevrediging daarvan om kinders met probleme te kan help, is eenvoudig onverrekenbaar. Dit is asof of 'n leeftyd van ervaring op vele gebiede saamloop tot 'n kontakpunt wat tot volle wasdom volblom.


Dis 'n wonderlike vooreg om te sien hoe die onderneming uit sy nate bars en hoe kinders en ouers se lewens aangeraak en handomkeer verander word. Ek is lewenslank verbind to ChangenetSA wat lewens permanent verander, een op 'n keer, deur menswaardigheid en eiewaarde terug te gee deur diens aan ons medemens. Selfs te midde van Covid-19, wat van jou, nou?

Geskryf deur Coenie


7 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires


bottom of page