top of page

BLOG

Search

Skemervreugde hou jaarvergadering

Writer's picture: ChangenetSAChangenetSA

Skemervreugde Sentrum vir Bejaardes op Paul Roux het op 21 November hul jaarvergadering by die sentrum gehou.


Die vergadering is bygewoon deur donateurs, rolspelers en vrywilligers wat ondersteuning aan die sentrum bied. Dit sluit in: finansieel (kontantbydraes), dienste gelewer, praktiese hulp op die terrein en ook hulp met inwoners se daaglikse behoeftes.


Fondsinsamelings is suksesvol afgehandel met die ondersteuning van die verskillende gemeenskappe in en om Paul Roux.


Die Sentrum is baie dankbaar vir verskeie rolspelers en donateurs se  se ondersteuning. Daar is min besighede in Paul Roux maar OVK is spesiaal bedank vir hul ondersteuning.


ChangeNetSA se Justice en Anita Scott is ook bedank, veral vir die stoof wat vroeër vanjaar ná ‘n rolbaldag aan die sentrum geskenk is. Justice het inligting gedeel oor hoe hulporganisasies kan oorleef in uitdagende tye, met spesifieke verwysing na die rol van ChangeNetSA in hierdie verband. Die behoeftes van NPO's word geïdentifiseer en dan gekoördineer om sodoende te verseker dat elke organisasie wel die nodige fondse kry. 


Skemervreugde bied bekostigbare behuising in eenslaapkamer- en eenman-eenhede. Middagetes is beskikbaar vir inwoners en ook vir buite-persone wat graag etes wil bestel gedurende die week. Belangstellendes kan die bestuurder, mev. Dricé Rossouw per e-pos kontak by skemervreugde@gmail.com.

 

Foto, l-r: Voor: Flip Wessels (inwoner), Annatjie Ingram (inwoner) en Nanna Buitendag (beheerraad). Agter: Lucia Nieuwoudt (beheerraad), Justice Scott (ChangeNetSA), ds. Hennie Van Zyl Smit, (voorsitter beheerraad), Dricé Rossouw, (bestuurder Skemervreugde) en Peet Buitendag (beheerraad).




 

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


bottom of page