April is die maand van outisme-bewusmaking wêreldwyd. Ook in Bethlehem is daar baie behoeftes rondom hierdie sindroom.
Twee van Hoërskool Witteberg se finaliste vir hul Mnr.- en Mej. Witteberg kompetisie, Anri Reyneke en Rian Roos, het besluit om in ons dorp ‘n outisme-bewusmakingsgeleentheid aan te bied.
Op Vrydagaand 14 April, by Jordania se krieketveld, het talle belangstellendes kom deelneem aan ‘n “Glow for Autism”-pretstap om die krieketveld. Gloeistokkies is verkoop vir enige donasie, gebruikte sporttoerusting is ingesamel, daar was lekker musiek deur George Heinlein en ook eet-en drinkgoed deur Amadeus te koop aangebied.
‘n Paar outistiese kinders het die aand kom geniet. Die toerusting en die verkope was ten bate van die New Beginnings-fasiliteit van ChangeNetSA in Môrelig. Kinders op die outisme-spektrum van ouderdom 2 tot 5 jaar word daar voorberei om in skole en tutorsentrums te kan funksioneer.
Anri en Rian het die aand uitstekend gereël en aangebied - hulle het Witteberg se naam hoog gehou.
Comentários